profile pic

Tja, tja! gie-gie, hegge-hegge, hêê!

Vrydag 17 Mei 2019 Geplaas deur Jana Luther

lagHoe lag ’n mens in Afrikaans? Of liewer: “Hoe moet ek in skriftelike Afrikaans korrek lag: Haha, Hahaha, Ha-ha, Ha-ha-ha, Ha ha, Ha ha ha, Bwahahaha ...?” So vra Hennie onlangs op Facebook.

Lol. Die klem op korrektheid hier laat my glimlag en ek wil nog –

Maar die ywerige Taaltameletjieraadgewers het Hennie klaar na reël 12.14 van die AWS verwys: “Reduplikasies waarvan die dele identies is, asook afleidings en fleksievorme daarvan, word met ’n koppelteken geskryf”: “fluit-fluit”, “plek-plek”, “staan-staan”, “’n-’n”, “t-t-t” ...

Ook “ha-ha-ha”, dus. Soos Huisgenoot glo skryf. “Ook so geleer – met ’n uitroepteken,” beaam Bloemfontein se Skrywersvereniging.

Ha-ha-ha! Vir hoeveel soorte lag (beleefd, boos, kinderagtig, sarkasties, slu, spottend, stout, verveeld, verleë, ...), wonder ek, deug dié “bo-opse lag”, soos Langenhoven sou sê? Sou hy ook in sy vuis gelag het (in sy mou sou glo anglisisties wees), want lag kom tog nie altyd uit die maag nie?

LEES VERDER
profile pic

As kommas ʼn ondeugsame uitwerking het

Vrydag 10 Mei 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

In die laaste doodsnikke van hulle verkiesingskampanje twiet die ZACP: “... We believe in our creativity and ability to innovate, Let’s unleash that on the universe.”

ZACP1

Niks opvallends in die Twitterversum nie, behalwe dat hulle toe self enkele sekondes later op hulle eie twiet reageer met: “*Apologies for the rogue comma. We care about punctuation but Autocorrect is The Man.”

ZACP2

Was dit nie dat hulle hulle manlik chauvinistiese onderbroek met daardie “Autocorrect is The Man” bevestig het nie, het ek my kruisie Woensdag dalk agter dié klomp manne getrek.

LEES VERDER
profile pic

Hoe heet u? En hoe skryf u dit?

Dinsdag 07 Mei 2019 Geplaas deur Sophia Kapp

Sommige van ons dra nie net swaar aan ons genetiese belasting nie, ons het boonop nog ʼn klomp name van voorouers geërf wat ons met ons moet saamdra (met geen plaas om daarvoor te wys nie), net soos die arme jong seuntjie in Jan Pohl se lawwe liedjie "Die Mannetjie". Ek het in my skooldae ook onder die bank ingeduik as my name van die klaslys afgelees is, maar ek het darem met die jare geleer om my klomp name met trots te aanvaar omdat dit my verbind aan mense vir wie ek lief was. Maar as dit by die skryfslag kom ... Nie net pas dit nooit op ʼn vorm in nie, wanneer daar nog titels bykom, raak dinge behoorlik morsig.

LEES VERDER
profile pic

Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

Vrydag 03 Mei 2019 Geplaas deur Jana Luther

“Iemand het op ’n kol gesê taal is waarskynlik die grootste kenmerk van ons menswees. ’n Ander persoon het gesê taal is daardie anonieme, kollektiewe kuns wat die resultaat is van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte.

“As woordeboekmakers is dit ons taak en reuseuitdaging om aan daardie anonieme en kollektiewe kuns gestalte te gee. Woordeboekmaak is ’n uitdagende werk, wat die kognisie betref en op vele ander terreine. Ek wil amper sê dis ’n soort Sisufoswerk. Sisufos was die man in die Griekse mitologie wat deur die gode aangesê is om ’n groot klip teen ’n berg uit te rol en as hy bo kom, neuk die klip weer af tot onder. Dan moet hy van voor af begin en die ding boontoe vat.

“Dit is min of meer wat leksikografiese werk ook is. Omdat ons gestalte gee aan woorde, is ons in ’n sekere sin kuratore van taal. Dit is ’n groot en moeilike taak en verantwoordelike werk. Daarby is die skryf van ’n woordeboek min of meer soos om liefde te maak: Jy weet nie altyd of jou vreugde gedeel word en of jou insette waardeer word nie. Woordeboekmakers verwag nie dat hulle werk geprys sal word nie; hulle kan maar net hoop hulle word nie te veel verwyte toegeslinger nie.”

So sê dr. Frikkie Lombard, eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaans Taal, op 17 April 2019 op Stellenbosch by die bekendstelling van Deel 15 van die WAT – die tweede deel van die letter S wat uiteindelik uit drie dele gaan bestaan, want S is natuurlik die langste letter van die Afrikaanse alfabet en die letter, dus, waarmee die meeste woorde in Afrikaans begin.

LEES VERDER
profile pic

#DieLand: Dis 'n storm in 'n glasie water

Vrydag 26 April 2019 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

BabalelaAs ek en my een hondjie soggens nog so ʼn bietjie in die kooi lê en wag vir die hoenders om wakker te word, is dit Twittertyd. Verlede Woensdag, 17 April, ontwaak ek midde die oog van (nog) ʼn Afrikaanse Twitterstorm: #DieLand-en-#Ghoemasdebakel. Genoeg om my met die verkeerde voet uit die bed te laat klim.

Ek loop vir ʼn paar dae met ʼn grys wolk oor my kaal kop rond.

Sien, ek is onbeskaamd ʼn liefhebber van Afrikaanse popmusiek: van Gé tot Elandré en anderkant uit. Ek luister ook by geleentheid graag na Coenie en Anna en Willim, maar as ek oefen of stap of in my swembad dryf, soek ek popmusiek. Onbeskaamd, want net omdat iets kommersieel, populêr of in-die-stort-singbaar is, beteken nie dit is van Die Bose nie. Net so min soos wat dit beteken dat ek enigsins ʼn aptyt het vir die wapper of sing van Apartheidsimbole ...

Om die Babalela aan te haal: “Los my uit!”

LEES VERDER