profile pic

Versamelname, vers 2

Donderdag 05 Oktober 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

So 'n rukkie gelede het ek 'n blog geskryf oor die liewe versamelname. My oogmerk was om te toon hoe onvas en onvoorspelbaar versamelname is, veral oor taalgrense heen, hoe geskiedenis en verouderde opvattings daarop ingespeel het en hoe verkeerd dit is om vandag wetties daaroor te wees. Die goeie saad, sien ek, het tussen die klippe beland. Gister is daar so werklik weer 'n vraag: Wat is die versamelnaam vir dolfyne?

Hierdie keer is die antwoord darem effe meer voor die hand liggend. Die WAT en Pharos se tweetalige woordeboek het opgeteken dat dolfyne en walvisse in skole voorkom. Dit, aanvaar ek ewe naïef, gaan die einde van die storie wees. Ek kan rustig agteroor sit, my tee drink en my verlustig in die wete dat ek een siel se las verlig het. Ehem, toe nou nie. Want "dolfyne is nie visse nie en hoekom is dolfyne en walvisse nie troppe nie?"

Ek wil eers my oë rol, maar dit is 'n geldige vraag, en 'n geldige vraag verdien 'n geldige antwoord.

LEES VERDER
profile pic

Die woorde wat niks nie én alles beteken

Saterdag 30 September 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Donald Trump se taalonvermoë is nou reeds legendaries.

Sy “covfefe” het vinniger versprei as ʼn slegte hoes in ʼn skoolkoshuis. Binne 24 uur ná sy berugte twiet het ʼn definisie reeds in die informele Urban Dictionary verskyn:

covfefe (n.) When you want to say "coverage" but your hands are too fat and small to hit all the letters on your keyboard. "Despite the constant negative press covfefe" – Donald Trump (2017)

Maar eintlik beteken “covfefe” letterlik ‘covfefe’: dis ʼn woord wat niks nie en alles gelyktydig beteken – die überwoord.

LEES VERDER
profile pic

Armoede se 'arm' het lang geskiedenis

Maandag 25 September 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Vra Isa Marx via e-pos: “Waarom skryf ons “lankmoedig” en “blymoedig”, maar “armoedig” en nie “*armmoedig” nie? Dit lyk eenvoudig, maar het my goed aan die dink gesit.”

Die geval “armoedig” en sy basisvorm “armoede” is (vir bleeksielakademici soos ekke) gewoon vreugdeskos om dae lank serebrale rittels van te kry ... #siestog

“Armoede” is ʼn baie ou woord in die Germaanse tale en kom steeds voor in Nederlands (armoede; ook armoe, maar dan met ʼn ander betekenis), Duits (Armut), Sweeds, Noors en Deens (al drie armod), Jiddisj (אָרעמקייַט, oftewel oremkayt) en Fries (earmoed).

LEES VERDER
profile pic

Intensiewe vorme, Noag en die kanon

Donderdag 21 September 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

 

Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet hierdie gesteentes in hulle sakke dra ingeval hulle dit sou nodig kry. En soms beland daar 'n vraag in die toets of die eksamen waarop daar nie 'n antwoord uit 'n agtersak te haal is nie, want die vraagsteller het iets uit sy/haar duim gesuig eerder as om staat te maak op die lys relikwieë agter in die handboek.

 Noag se dronkenskap, deur Tissot

LEES VERDER
profile pic

Wat ek vandag wil kom loop staan vertel

Dinsdag 19 September 2017 Geplaas deur Jana Luther

In Neerlandistiek.nl skryf Marc van Oostendorp vanoggend, onder meer, oor Nederlandse sinne soos die volgende:

Hij zit zich vreselijk op te winden.
(Hy sit hom vreeslik en opwen.)

Ik zit me al weken te vervelen op Vlieland.
(Ek sit my al weke op Vlieland en verveel.)

Wat is die vernaamste verskil tussen dié Nederlandse en Afrikaanse sinne?

LEES VERDER