profile pic

Brekende nuus

Donderdag 08 November 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

As jy in die nuutste (2017-uitgawe) van die Afrikaanse woordelys en spereëls die woord "breek" naslaan, sal jy die volgende inskrywing in die woordelys sien:

            breek (die nuus –, 'n been –, vir middagete –), ge-

            breek (verposing), breke

(Voetnoot: Die woordelys in die AWS is nie 'n verklarende of tweetalige woordeboek nie, dis 'n lys woorde wat spel- of standaardiseringskwessies veroorsaak. Daarom is daar nie in die woordelys 'n aanduiding van die woordsoort of die betekenis van 'n woord nie. Daar is wel fleksie, waaruit gebruikers kan aflei wat die woordsoort is. In hierdie geval is die "breek" met "ge-" 'n werkwoord en die "breek" met die meervoud 'n selfstandige naamwoord.)

LEES VERDER
profile pic

Boslansters

Sondag 04 November 2018 Geplaas deur Jana Luther

In VivA se Taalwerkersforum vra George du Bruin onlangs: “Wie ken die woord boslanster” vir iemand wat in die Bosveld woon? Waarop Jeanette Ferreira-van Jaarsveld antwoord dat sy in die Laeveld met dié woord grootgeword het. Toe ek Vrydag daarna verwys in Beeld se rubriek Woordwisseling, kry ek van prof. Fransjohan Pretorius ’n e-pos met dié interessante stukkie geskiedenis. Hy skryf:

LEES VERDER

kurrikulum7Vir Nederlands as skoolvak het kurrikulumbeplanners in Nederland in Oktober 2018 sewe kernopdragte daargestel. Dankie aan professor Marc van Oostendorp wat my toegelaat het om sy kommentaar op hierdie opdragte te vertaal en hier te deel – ook vir toekomstige verwysing in ons eie gesprekke oor die behoud van Afrikaans as vak en hoe om Afrikaansmediumonderrig te bly ondersteun.

Die oorspronklike bydraes, asook die kommentaar in Nederlands daarop, kan gelees word in Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek. 

Voeg gerus nou, of enige tyd in die toekoms, ook jou kommentaar by.

LEES VERDER

kurrikulum6Vir Nederlands as skoolvak in die toekoms het kurrikulumbeplanners verlede week sewe kernopdragte gestel en belangstellendes genooi om daarop kommentaar te lewer. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, het die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp so gemaak. Met sy toestemming vertaal en deel ek wat hy skryf.

Hoe lyk die toekoms van Afrikaans as skoolvak? 

Voeg gerus jou kommentaar by. 

LEES VERDER

kurrikulum05Vir die skoolvak Nederlands het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument met sewe kernuitgangspunte – “7 grote opdrachten” – bekend gestel en belangstellendes genooi om daarop kommentaar te lewer. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, voeg die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp die daad by die woord en neem hy dié opdragte een vir een onder die loep. Met sy toestemming vertaal en deel ek wat hy skryf.

Hoe lyk die vak Afrikaans? Voeg gerus ook jou kommentaar by. 

LEES VERDER