kurrikulumWat het kinders nodig om op te groei tot volwassenes wat tot die samelewing bydra, ekonomies selfstandig is en leef met selfvertroue? In Nederland is dit van die vrae wat gestel word in ’n grondige ondersoek na die nasionale kurrikulum vir primêre en vroeë sekondêre onderwys.

Wat werk; wat werk nie? Wat moet behou word; wat moet verander? Wat moet bykom; wat moet laat vaar word? Hoeveel ruimte moet skole gegun word om self te kan aanvul, in ooreenstemming met hul visie, leerlinge en omgewing?

LEES VERDER
profile pic

Gawies, japies en brawe Hendrikke

Vrydag 19 Oktober 2018 Geplaas deur Jana Luther

mansname

In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge, met veel gebruikte mansname aangedui; dikwels vergesel van ’n historiese, anekdotiese of tiperende bynaam of van.

“Ek is Daantjie Donderbos; daar waar ek trap, daar bars die grond.” Die naam van die outydse eenskaarploeg in dié raaisel is eens ook as benaming gebruik vir iemand wat onverwags iets groots vermag het. “Klein Daantjie Donderbos”, is spottend teenoor ’n kind gesê, of van iemand wat spog met krag of vermoëns wat hy duidelik nie het nie.

LEES VERDER
profile pic

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans

Donderdag 18 Oktober 2018 Geplaas deur Jana Luther

HetPandDie afgelope vyf jaar al, gewoonlik in Oktober, bied die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika, in die mooie Gent, in België, ’n kollokwium aan oor Afrikaans. Vanjaar se lesings en gesprekke het van 4 tot 6 Oktober plaasgevind.

Op Donderdag 4 Oktober het prof. Wannie Carstens, buitengewone hoogleraar (met emeritaat) van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en een van die medestigters van die Gentse leerstoel “Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij” sy intreerede as gasdosent vir die periode Oktober-Desember 2018 aan die Universiteit van Gent gelewer.

In die loop van die daaropvolgende twee dae is vyf hoofreferate gehou, drie oor die letterkunde en twee oor die taalkunde. Prof. Louise Viljoen van die Universiteit van Stellenbosch het gepraat oor “Antjie Krog as bemiddelaar tussen Afrikaans en Nederlands”, Daniel Hugo oor “Uitdagings wat die Nederlandstalige digkuns aan die Afrikaanse vertaler stel” en Bettina Wyngaard oor “Hoe verlos ons letterkunde van die laager?” Oor die taalkunde was prof. Bertus van Rooy, Noordwes-Universiteit, se onderwerp: “Contact and linguistic creativity in Afrikaans grammar” en dié van prof. Theresa Biberauer van die Universiteit van Cambridge: “Working the edge: on the significance of innovated peripheral structure in Afrikaans”.

LEES VERDER
profile pic

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop

Donderdag 18 Oktober 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak.

Dit gaan hier oor meer as net die verkeerde gebruik van twee verskillende woorde, dit gaan ook hier oor verwarring van homonieme, want hak en haak kan albei ʼn selfstandige naamwoord of ʼn werkwoord wees. En as jy nou nog by hierdie reeds onheilige brousel die verkleiningsvorm ook ingooi (het ek nou hierdie deel van die teks tussen hakkies of tussen hakies geplaas?) en die afleiding waarmee ʼn mens na die ou in die skrum met die blomkoolore wil verwys (is hy ʼn hakker of ʼn haker?) het ons kort voor lank ʼn Babelse verwarring.

LEES VERDER
profile pic

Nog kraaie, en die voëls in Afrikaanse vanne

Maandag 15 Oktober 2018 Geplaas deur VivA-redaksie

Deur Pieter Bosman

Na aanleiding van my vorige artikel oor kraaie het ek verder gedink oor in watter groot mate kraaie ’n rol speel in veral die Europese kultuur. Die alombekende fabels van Aesopus (van ongeveer 600 VHJ) beskryf onder meer hoe ’n kraai water uit ’n kruik kry deur klippies daarin te gooi – gedrag wat deur hedendaagse navorsing bevestig is – en ook hoe ’n kraai ’n slinkse jakkals uitoorlê het.

LEES VERDER