Afrikaans as 'n vreemde taal

 

Die Departement van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat bied nou 'n aanlyn kortkursus aan vir Afrikaans as vreemde taal.

Aanlyn registrasie: 15 Januarie tot 15 Mei van elke jaar
Duur: 20 weke, finale assessering ingesluit

Die basiese kursus (Gesellig Afrikaans 1) is gemik op studente van 16 jaar en ouer met GEEN passiewe en/of vorige kennis van Afrikaans as 'n vreemde taal nie. Die gevorderde kursus (Gesellig Afrikaans 2) vereis 'n beperkte (passiewe) agtergrondkennis van Afrikaans.

Komponente van die daaglikse lewe (soos koskuns, aanwysings, besienswaardighede in Suid-Afrika, ens.) is onder die temas wat aangeraak word by die onderrig van die basiese grammatikale struktuur, woordeskat en korrekte uitspraak van Afrikaans.

Die taalgebruik in die kursus is dié van gewone sprekers van Afrikaans en soos dit in daaglikse gesprekke gebruik word. Studente sal goeie toegang hê tot lees- en luistertekste, soos populêre Afrikaanse musiek, grappies, dialoogtemplate, ens. Die kursusinhoud sluit in grammatikaverklarings en verskeie mondelingkomponente as ondersteuningsmateriaal om studente te help om die taal te bemeester.

Die aflê van die deurlopende assesseringstake (grammatika, woordeskat en begripsoefeninge, en mondeling- en luistertoetse) bied toegang tot die finale en formele assessering van die 20 week lange aanlyn kursus. Hierdie aanlyn kursus vereis internettoegang.

Vir meer inligting, besoek:
www.gesellig-afrikaans.org

Kontakinligting vir alle navrae rakende die kursus: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
(+27) 051 401 2816