
In die Woordeboekportaal kan jy naslaan of 'n woord reeds in 'n verskeidenheid Afrikaanse woordeboeke opgeteken is en hoe dit gespel word.

In die Adviesportaal sal jy antwoorde op jou knellende taalvrae by VivA se taaladviseur kan kry.
Weeksdae van 09:00-12:00 en 14:00-16:00
Kanaal | Antwoordtyd | Tye | Koste |
Databasis van taalvrae en -antwoorde | Jou eie tyd | 24/7/365 | Tydelik gratis |
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
72uur | Weeksdae van 08:00-17:00. Jy kan jou vraag enige tyd stuur. | Tydelik gratis |
Webvorm | 24 uur | Weeksdae van 08:00-17:00. Jy kan jou vraag enige tyd stuur. | Tydelik gratis |
WhatsApp: 062 126 0295 (Slegs boodskappe) |
8 uur | Weeksdae van 08:00-17:00. Jy kan jou vraag enige tyd stuur. | Tydelik gratis |

In die Inligtingsportaal kry jy toegang tot 'n verskeidenheid inligting oor Afrikaans.
VivA se blog:
- Nuus oor Afrikaanse taalsake
- Bespreking van interessante taalonderwerpe
- Bekendstelling van navorsingprojekte en -resultate
- Kompetisies en spesiale aanbiedinge
As jy graag een van VivA se blogskrywers wil wees, stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Toegang tot alle blogs is GRATIS.
- Vennote en borge
- Tersiêre instellings vir Afrikaanse taalpraktisyns
- Gratis woordelyste en woordeboeke
- Niekommersiële produkte en dienste
- Skolekompetisie

Die Taalportaal is VivA se vlagskipprojek en is deel van die Nederlandse en Friese Taalportaal.
Oor 'n tydperk van vyf jaar (2015-2019) skep vooraanstaande Afrikaanse taalkundiges omvattende inligting oor die grammatika van Afrikaans, meestal in vergelyking met Nederlands en Fries. Soos wat onderwerpe afgehandel word, word dit in die Taalportaal beskikbaar gestel. Die volgende terreine van die grammatika word behandel:
- Fonologie (klankleer)
- Morfologie (woordbou)
- Sintaksis (sinsbou)
Addisioneel kry jy ook toegang tot:
- Databasis van Afrikaanse Taalkunde (DBAT) van die Noordwes-Universiteit
- Glossarium van taalkundeterme
Hierdie omvattende, vergelykende grammatika is by uitstek gerig op plaaslike en internasionale navorsers en word daarom in Engels geskryf.
Alle inligting word beskikbaar gestel onder 'n Creative Commons-lisensie. Dit staan enigeen dus vry om die inligting in ander produkte met 'n soortgelyke lisensie te gebruik. Meer besonderhede is beskikbaar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Toegang tot die Afrikaanse, Nederlandse en Friese Taalportaal is GRATIS.

In die Korpusportaal kan navorsers kragtige soektogte doen in 'n groeiende versameling Korpusse.
Die korpora in hierdie groep is vrylik aan alle VivA-gebruikers vir navorsingsdoeleindes beskikbaar.
- NCHLT- Afrikaanse korpus 1.0: 'n Versameling regeringsdokumente van die onderskeie webblaaie en elektroniese publikasies van die Suid-Afrikaanse regerering.
Die korpora in hierdie groep sluit ook die korpora in die OOP-vlak in. Toegang is beperk tot bona fide-navorsers. Verkry toegang tot hierdie korpora deur die aanlyn aansoekvorm te voltooi.
- Afrikaanse Leipzig-korpus 1.0: 'n Subversameling van die Leipzig-korpus (Leipzig Corpora Collection) vir Afrikaans. © 2017 Abteilung Automatische Sprachverarbeitung, Universität Leipzig.
- NWU/Maroela Media-korpus 1.2: Versameling webartikels soos gepubliseer op die Maroela Media-webtuiste tot en met 30 Maart 2017.
- NWU/Lapa-korpus 1.1: Korpus van Afrikaanse boeke gepubliseer deur Lapa Uitgewers.
- Taalkommissie-korpus 1.1: 'n Gestratifiseerde korpus soos gebruik deur die Afrikaanse Taalkommissie bestaande uit 'n verskeidenheid genres en domeine, insluitend: wetenskaplike tydskrifte, koerante, letterkundige werke, informele en formele skryfstukke.
- Wikipedia- Afrikaanse korpus 1.0: 'n Versameling dokumente van die onderskeie webblaaie beskikbaar op die Afrikaanse weergawe van Wikipedia soos op 30 Maart 2017.
Die soekfunksies sluit onder andere die volgende in:
- Frekwensielyste (ook vergelykend tussen verskillende korpusse)
- Kollokasiesoektogte
- Meerveranderlike ontledings
Die korpusse en soektogte mag nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Spesiale lisensies is op aanvraag beskikbaar; stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Taalonderrigportaal is 'n oop, digitale ruimte waarin gehalteversekerde, akademies begronde en geverifieerde vakinhoud oor Afrikaans se grammatika vir die hele taalgemeenskap beskikbaar gestel word.
’n Lewende bron waarin die grammatika van Afrikaans omvattend en in Afrikaans beskryf word. AAG is gebaseer op insigte in Taalportaal, op ouer en bekende navorsing wat in bestaande grammatikabronne gepubliseer is, en op die insigte van die AAG-skrywers wat met voorbeelde uit hedendaagse Afrikaanskorpusse werk. AAG sal deurlopend uitgebrei en bygewerk word, sodat nuwe insigte oor die grammatika deel bly van dit wat oor die taal en die grammatika te sê is. AAG word ontwikkel met die oog op Afrikaanse taalkundenavorsers en -dosente, studente wat die vak Afrikaans op voor- en nagraadse vlak aanpak, onderwysers van Afrikaans en taalnuuskieriges wat antwoorde oor grammatikakwessies benodig.
'n Bron met onderwysstudente en Afrikaansonderwysers in die VOO-fase as teikengebruikers. Dit wat oor Afrikaans se grammatika te sê is, selfs op skoolvlak, is uiteraard baie wyer en omvattender as wat in 'n skoolkurrikulum gedek kan word; ASG word derhalwe nie deur die KABV gerig of beperk nie. Die oogmerk is wel dat ASG by voltooiing van die projek die vereistes wat in die KABV rakende die onderrig van taalstrukture en -konvensies gestel word, volledig sal ondervang. Die KABV stel die vereistes – ASG verskaf die inhoud waarmee onderwysers en leerders aan die vereistes kan voldoen.
Addisioneel tot hierdie twee bronne word eietydse materiaal soos blogs, podsendings en video's deurlopend geskep en op Taalonderrigportaal beskikbaar gestel om die grammatika van Afrikaans vir soveel as moontlik gebruikers toeganklik te maak.