Die redigeringswerkwinkel handel oor redigering. Hier kyk deelnemers en VivA se voormalige taaladviseur, Sophia Kapp, na makroredigeringskwessies soos genrekonvensies, struktuur en verwysings, mikroredigeringskwessies soos styl, formatering, taalgebruik en interpunksie, en die K3-model as ’n praktiese hulpmiddel by redigering.
Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450,00 per persoon vir deelname aan hierdie werkwinkel. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes ’n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..