Vertalingswerkwinkel

Die vertalingswerkwinkel handel oor vertaling. VivA se voltydse taaladviseur, Sophia Kapp, bespreek die vertaalproses, vertaalmetodes en -tegnieke, en ons demonstreer hoe WordFast Anywhere werk om kursusgangers vertroud te maak met hierdie vertaalsagteware. Die werkwinkel bestaan uit twee sessies: ʼn oggendsessie waarin teorie bespreek word, en ʼn praktiese middagsessie.

Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450.00 per persoon vir deelname aan hierdie werkwinkel. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes ‘n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..