Akademiese skryfvaardighede

Die vierde werkwinkel in Teksredaksieportaal handel oor akademiese skryfvaardighede. Ons het gesien dat onervare studente (van alle ouderdomme) soms sukkel om ʼn akademiese teks te skep. Daarom praat ons in hierdie sessie oor praktiese kwellings soos watter bronne om te vertrou, hoe om nie te plagieer nie, hoe om ʼn akademiese argument te struktureer, hoe om ʼn akademiese teks te struktureer, hoe en wanneer om te verwys, en hoe om ʼn bibliografie op te stel. Deelnemers kan in ʼn praktiese sessie vrae stel.

Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450.00 per persoon vir deelname aan hierdie werkwinkel. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes ‘n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..