Kreatiewe skryfvaardighede

Die vyfde werkwinkel handel oor kreatiewe skryfvaardighede. Daar is heelwat bestaande skryfskole en skryfwerkwinkels wat deur ervare skrywers aangebied word en wat voornemende skrywers kan help om aan die gang te kom. Ons fokus dus eerder op die praktiese aspekte van skryf: hoe om ʼn teks te struktureer, hoe om die spanningslyn vol te hou, wat karakterisering behels, hoe om fokalisering te benut en hoe om ʼn taalkundig afgeronde teks aan ʼn uitgewer voor te lê. Die werkwinkel bestaan uit twee sessies: ʼn oggendsessie waarin teorie bespreek word, en ʼn praktiese middagsessie.

Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450.00 per persoon vir deelname aan hierdie werkwinkel. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes ‘n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..