Wat is Varsgebek?

Afrikaanssprekendes skep voortdurend nuwe sêgoed: woorde, terme, uitdrukkings, idiome, vergelykings, en so meer, maar dit word nie altyd in woordeboeke opgeteken nie. Varsgebek wil ʼn geleentheid skep waar daardie sêgoed voorgestel word vir opname. Wie weet, dalk verskyn jou woord eersdaags in ʼn woordeboek soos die HAT, WAT of AWS!

Hoe stuur ek 'n woord of sêding in?

Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. Stuur jou boodskap aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.