TEKEN AAN | REGISTREER
Nuwe gebruiker? Registreer hier
Teken aan met:
Vra om bystand
Registreer met jou e-posadres:
Reeds geregistreer? Teken aan
Profielfoto:
In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede.