MAATSKAPPYPROFIEL

ONS DOELSTELLINGS

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste.

VivA se hoofdoelstellings is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur:

  1. die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang;
  2. die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddele en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans; en
  3. die lewering van 'n praktiese Afrikaanse taaldiens deur middel van tegnologie.

Aanvullend tot die hoofdoelstellings, sluit VivA se doelstellings onder meer in:

  • om as virtuele instituut vir Afrikaans op te tree vir die bestudering en ontwikkeling van die taal, waarby outonome, afsonderlike organisasies wat dieselfde doelstellings nastreef, ingesluit word;
  • om as inisiërende, koördinerende en netwerkskeppende virtuele instituut op te tree en die spesialisfunksie van belangegroepe en stigterlede-organisasies te erken en te benut, sonder om inbreuk te maak op die outonomie van die afsonderlike organisasies;
  • om 'n inisiërende en koördinerende rol te speel om Afrikaanse kundigheid te ontsluit, en die infrastruktuur van die Afrikaanse gemeenskapsnetwerk doeltreffend te benut, en ook om finansiële en mensehulpbronne te werf en te ontsluit;
  • om strategieë te ontwikkel vir die gebruik van Afrikaans in virtuele kontekste op verskillende lewensterreine;
  • om deur virtuele netwerkskepping en samewerking doelgerig inhoud te gee aan die ontwikkeling van die hoofdoelstellings van die maatskappy; en
  • om ook die gebruik van Afrikaans op 'n virtuele vlak onder nie-Afrikaanssprekendes te vergemaklik.
ONS WAARDES

VivA:

  • onderskryf die taalregte soos vervat in die Grondwet en alle ander taalverwante wette van die Republiek van Suid-Afrika en streef daarna om deur die gebruik daarvan virtuele kontekste te bevorder en ten beste te ontwikkel;
  • verbind hom tot die inklusiwiteit van die hele Afrikaanstalige gemeenskap in virtuele kontekste, en ook die gebruikers van Afrikaans uit ander taalgemeenskappe;
  • erken die feit dat Afrikaans die eiendom is van almal wat dit praat en onderneem die virtuele bevordering daarvan;
  • glo die daarstelling en funksionering van 'n virtuele instituut kan as model dien vir ander Suid-Afrikaanse tale met dieselfde visie;
  • onderskryf die taalklousules in Suid-Afrika se Grondwet, asook die waardes genoem in die Grondwet. Dit sluit onder meer in die teenwerk van diskriminasie en van sosiaal-ekonomiese ongelykheid, 'n strewe na gelykwaardigheid van individue en die uitbou van demokrasie;
  • glo Suid-Afrikaners, en daarom ook Afrikaanstaliges, het die reg en verdien die geleentheid om hulle deur middel van die taal of tale van hul keuse bemagtig te word in virtuele kontekste; en
  • beskou die diversiteit van die Afrikaanssprekende taalgemeenskap en meertaligheid in Suid-Afrika as 'n bate en streef na die virtuele bevordering daarvan.
OPRIGTING

Die oprigting van VivA spruit voort uit die oorspronklike inisiatief van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking en oorleg met die Noordwes-Universiteit, Stellenbosch Universiteit en die Nederlandse Taalportaal (onder bestuur van die Meertens Instituut).

HUIDIGE STIGTERSLEDE
VOORMALIGE STIGTERSLEDE
DIREKSIE

Mnr. Gerrie Lemmer (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging; voorsitter)
Me. Astrid de Vos (Trust vir Afrikaanse Onderwys)
Me. Marlie Coetzee (Uitvoerende direkteur van VivA)
Prof. Anne-Marie Beukes (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns)

JAARVERSLAE
Goue Finansiers (Meer as R250 000 per jaar)
Silwer Finansiers (R10 000 tot R250 000 per jaar)
Mediavennote
Medewerkers (instansies)
Korpusverskaffers