TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Is "swembadjie" 'n voorbeeld van 'n samestellende afleiding, of is 'n ander woordvormingsproses hier tersaaklik? Leer meer oor afleidings van reeds bestaande samestellings, waarna ook as "afgeleide samestellings" (oftewel "afgeleide komposita") bekendstaan.

    Lees ook die volgende twee blogs op Taalonderrigportaalblogs:

     

    ’n Moedertaal is meer as net woorde; dit is ’n denkwyse, ’n kultuur, ’n leefstyl. Dis die taal waarin ons droom, redeneer en onsself die beste uitdruk. Tog groei ’n taal saam met sy sprekers en lyk ’n moedertaal anders vir elke lid van sy spraakgemeenskap. Ek sê awe en jy sê sjoekran!

    Gebruik gerus die volgende interaktiewe beeld in jou klaskamer wanneer naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde) onderrig word. Hierdie definisies bied ’n sistematiese wyse om naamwoorde te onderrig.

     

    Ta. Trammakassie. Sjoekran. Dankie, dankie, dankie. ’n Duisend maal dankie.

    Toe daar in 2024 aangekondig is dat Afrikaans se eeufees as amptelike taal gevier gaan word, kon niemand voorsien wat hierdie besondere mylpaal vir die taal sou beteken nie. Dit was meer as net ’n viering. Dit was ’n uitreik, ’n salf en ’n salwing, ’n bou van nuwe fondasies. Meer nog, dit was ’n bevestiging dat Afrikaans in al sy vorme nog lank met ons gaan wees.

    Sukses kan onmoontlik alleen behaal word, en hiermee ’n woord van dank aan elkeen wat gehelp het om hierdie projek so suksesvol te maak: van borge tot rieldansers, van koesisterbakkers tot woordsmede. ’n Veer in die hoed en ’n klop op die skouer vir elkeen van julle!

    Op 20 Februarie, heel gepas die dag voor Internasionale Moedertaaldag, sluit die Afrikaans 100-projek af met ’n virtuele oorhandiging – en jý is genooi.

    Die fout wat op skoolvlak gemaak word, is dat betekenis as maatstaf gebruik word om woorde aan subkategorieë van woordsoorte toe te ken.

     

    Ja, dit is inderdaad so dat bagasie en gereedskap in hulle die betekenis van ‘versameling’ ingebou het. Die woord bagasie beteken immers ‘versameling koffers en goedere wat ’n reisiger met hom saamneem’, terwyl gereedskap weer ‘al die werktuie wat nodig is om iets te maak, ’n taak te verrig of ’n bedryf te beoefen’ beteken.

     

    Maar wanneer hierdie woorde met swerm (in swerm bye) en vloot (in vloot skepe) vergelyk word, word hulle nie op dieselfde manier binne die sin gebruik nie. Waarom nie? Want hulle is nie versamelnaamwoorde (oftewel versamelname) nie.