TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    1. Vrywaring:

      1. VivA kan op geen stadium verantwoordelik gehou word vir die inhoud van dokumente wat deur persone, instansies of maatskappye aan VivA toevertrou word vir taalversorging of vertaling nie. VivA het geen aandeel aan die samestelling van die dokument of die finale dokument nie.
      2. VivA aanvaar slegs aanspreeklikheid vir die talige akkuraatheid van die vertaalde en/of geredigeerde teks. Die inhoudelike akkuraatheid bly die aanspreeklikheid van die outeur/maatskappy.
      3. Indien wysigings aan die finale kopie van ’n dokument aangebring word nadat dit deur VivA versorg is, verval enige aanspreeklikheid.

    2. Inhoud van dokumente:

      1. Die regstelling van feitefoute, onjuisthede, onduidelikhede of teenstellings in dokumente is nie die verantwoordelikheid van VivA nie. Die taalpraktisyn sal, waar redelik moontlik, sulke kwessies met die outeur/kliënt bespreek, maar dit bly die verantwoordelikheid van die outeur/kliënt om sulke foute reg te stel.
      2. Indien VivA ’n dokument ontvang waarvan die inhoud of dele daarvan onduidelik, verwarrend of ooglopend misleidend is, behou VivA die reg voor om sodanige dokument terug te verwys na die kliënt.
      3. Indien VivA ’n dokument vir vertaling ontvang waarvan die inhoud ooglopend vol taal- en spelfoute, onduidelikhede, teenstellings en herhalings is, behou VivA die reg voor om sodanige dokument terug te verwys na die kliënt sodat genoemde foute reggestel kan word. Sou die kliënt dit aan VivA oorlaat om bogenoemde soorte foute te korrigeer, sal dit as redigering beskou word en ’n redigeringsfooi sal by die vertalingsfooi gevoeg word.
      4. Alle dokumente moet in Word-formaat aan VivA gelewer word. Kort tekste en grafika kan in pdf-formaat gelewer word, maar die omvang van die opdrag moet eers met die taalversorger bespreek word.
        Die dokument wat deur VivA afgelewer word, is die finale kopie van die dokument. Enige veranderinge wat aan die dokument aangebring word nadat VivA die dokument afgelewer het, onthef VivA van enige verpligting teenoor die kliënt.
      5. Die kliënt het die reg om ná aflewering van die dokument met VivA oor taalkwessies in gesprek te tree.

    3. Tydallokasie en spertye:

      1. Die tipe inhoud, die lengte en kompleksiteit van dokumente is bepalend vir die hoeveelheid tyd wat nodig is vir die versorging/vertaling van ’n dokument. VivA behou die reg voor om te versoek dat spertye na aanleiding daarvan aangepas word.
      2. Dit is die verantwoordelikheid van die kliënt om genoeg tyd toe te laat vir byvoorbeeld die druk en verspreiding van die dokument.
      3. Indien die afleweringsdatum deur die kliënt aangepas word, sal die tarief herbereken word.

    4. Tariefstruktuur:

      1. Tariewe sal vasgestel word na gelang van die moeilikheidsgraad van die inhoud, die lengte van die dokument, die kompleksiteit van die dokument, die omvang van die redigering, asook tyd wat vir die versorging/vertaling toegelaat word. Alle tariewe sluit BTW uit. Indien van toepassing, sal BTW op die tariewe gehef word.
      2. Indien enige verandering aan die dokument se inhoud, formaat, omvang of enige ander aspek van die dokument aangebring word nadat die dokument aan VivA oorhandig is, sal die tarief herbereken word.

    5. Dienste wat VivA aanbied:

      1. Redigering

        1. Proeflees/ligte redigering

          Proefleeswerk behels die deurlees van ’n dokument wat reeds geredigeer en finaal taalversorg is. Dit behels die finale nagaan van die bladproewe en die korrigering van enkele geringe foute en inkonsekwenthede. Indien meer korreksies en uitgebreide verbetering nodig is, word dit as redigering beskou.

        2. Intensiewe redigering

          Redigering behels ’n deeglike beoordeling van die hele dokument of manuskrip. Dit sluit in die herskryf van gedeeltes van die teks waar nodig. Indien daar vrae is oor die inhoud, of kommentaar waarop gelet moet word, sal dit aan die kliënt gekommunikeer word en bykomende korreksies na aanleiding daarvan aangebring word. Redigering behels nie die herskryf van ’n teks, manuskripontwikkeling of spookskryf nie.

      2. Vertaling

        VivA bied vertaling aan uit Engels na Afrikaans. Indien die brondokument redigering verg, is VivA bereid om dit te onderneem, maar dit sal ’n bykomende redigeringsfooi behels, en die sperdatum sal ook aangepas word.

    6. Tariewe:

      1. Tariewe word vasgestel in ooreenstemming met die aanbevelings van SAVI (die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut) en SAFREA (Southern African Freelancers’ Association) maar VivA behou die reg voor om tariewe aan te pas volgens genoemde voorwaardes en bepalings.
      2. ’n Minimum tarief van R400,00 sal per dokument gehef word.