TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Elektroniese hulpmiddels vir beter skryfwerk:

    Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) se skryfhulpmiddels help Suid-Afrikaanse rekenaargebruikers al ʼn geruime tyd om beter te skryf. CTexT® se Afrikaanse SkryfGoed is die enigste versameling van vier Afrikaanse skryfhulpmiddels vir Microsoft® Office, en kan help met die volgende:

    1. Vir beter spelling: Afrikaanse Speltoetser

    As die enigste sogenaamde tweedegenerasie-speltoetser vir Afrikaans, is hierdie tans die mees gevorderde Afrikaanse skryfhulpmiddel. Dit beteken dat die Speltoetser ingewikkelde prosesse soos morfologiese analise toepas om woorde te evalueer, eerder as om hulle bloot te vergelyk met die terme in ʼn woordelys (soos met baie ander speltoetsers die geval is). Die hulpmiddel gee goeie voorstelle en alternatiewe vir spelfoute, herken outomaties nuwe samestellings en verbuigings van woorde en spog met uitgebreide woordelyste.

    2. Vir beter taalgebruik: Afrikaanse Grammatikatoetser

    Anders as ʼn speltoetser, het die grammatikatoetser se taak met meer as net spelling te make. CTexT® se Afrikaanse Grammatikatoetser is die eerste Afrikaanse skryfhulpmiddel vir Microsoft® Office wat kan evalueer of die taalgebruik in ʼn teks aan sekere konvensies en reëls van die taal voldoen. Voorbeelde is:

    • Woordkeuse (byvoorbeeld korrekte gebruik van die woorde rys, reis of ruis);
    • Los- of vasskryf van woorde (byvoorbeeld besigheidsure); en
    • Korrekte grammatikale konstruksies (byvoorbeeld lelik boom teenoor lelike boom).

    Afgesien van grammatikale aspekte, kan ʼn grammatikatoetser ook bepaal of die teks aan sekere stylvereistes, soos leestekengebruik en konsekwente taalgebruik, voldoen.

    3. Vir beter woordkeuse: Afrikaanse Tesourus

    Kikker skryfwerk op met sinonieme vir meer as 40 000 woorde. Die Tesourus vergemaklik die opsoek van woorde en herken verwante woorde.

    4. Vir beter bladuitleg: Afrikaanse Woordafbreker

    Hierdie nuttige hulpmiddel help met die afbreek van woorde op die regte plek aan die einde van ʼn reël.

    Gebaseer op uitgebreide navorsing aan die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

    Minimum sisteemvereistes:

    ʼn Volledig operasionele rekenaar (“PC”) met:

    Microsoft® Office 2016, Microsoft® Office 2019 of Microsoft® Office 365; en

    Windows® 7, Windows® 8 of Windows® 10

    Microsoft, Encarta, MSN en Windows is óf geregistreerde handelsmerke, of handelsmerke van Microsoft Corporation in die Verenigde State en/of ander lande.

    SkryfGoed 6 vereis Microsoft® Office en is nie versoenbaar met Office for MAC of aanlyn- en tabletweergawes van Office nie.

    Lisensiëring:

    Indien jy hierdie produk op meer as een rekenaar wil gebruik, e-pos asb. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir ʼn kwotasie.

    Kontakbesonderhede vir meer inligting:

    Bel ons by +27 (0) 18 297 0164 of 0860 103 533 of:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    R299.00