Die Elektroniese WAT kan help, want die WAT wéét wat is wat. Dit bied:
- die mees omvattende weerspieëling van die Afrikaanse woordeskat
- nagenoeg 210 000 trefwoorde en uitdrukkings
- die verskillende variëteite van Afrikaans
- woordeskat uit geskrewe én gesproke taal
- inligting wat gebaseer is op werklike taalmateriaal in 'n databasis van miljoene optekeninge
- 'n gebruikersvriendelike en effektiewe soekfasiliteit
- 14 boekdele van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A-SKOOI) in digitale formaat
- die ekwivalent van meer as 9 400 gedrukte bladsye
- 'n kerntesourus van Afrikaans (Woordkeusegids)
Die minimum stelselvereistes om die produk te gebruik, is soos volg:
- Windows XP Home, Windows XP Pro, Windows 2003 Server, Windows Vista, Windows 7, Windows 8/Pro/Enterprise) 32-bis of 64-bis
- 500 MB spasie op hardeskyf-aandrywer
- CD-ROM-aandrywer
R200.00












