Pearson Suid-Afrika beplan ’n nuwe pad vorentoe. Dis vir Pearson Suid-Afrika belangrik om ’n blywende en positiewe impak op onderwys in Suid-Afrika te hê en ons werk tans saam met verskeie vennote om hulle huidige en toekomstige opvoedkundige behoeftes beter te verstaan. Dit sluit die hersiening en aanpassing van verskeie produkte in – soos die Longman-HAT-webwerf. Ná sorgvuldige oorweging het Pearson Suid-Afrika besluit om die webwerf vanaf die 4de Augustus 2022 te sluit.
Alhoewel die webwerf gesluit word, bly Pearson Suid-Afrika toegewyd aan die gedrukte uitgawe van die HAT en ondersoek toevoegings om die opvoedkundige waarde daarvan te verhoog. Ons gedrukte HAT sal steeds by uitnemende boekwinkels en aanlyn te koop wees.
Aangesien die 6de gedrukte uitgawe van die HAT ’n komplimentêre toegangskode tot die webwerf inhet, het ons besluit om die webwerf vir ’n jaar (12 maande) nog aanlyn te hou. Dit sal ons kliënte genoeg geleentheid bied om die komplimentêre kode te gebruik. Daar sal egter geen verdere verkope van die aanlyn Longman-HAT-woordeboek plaasvind nie.
Pearson Suid-Afrika wil u as ’n gewaardeerde kliënt bedank vir u lojale ondersteuning en herinner dat die gedrukte uitgawe van die HAT steeds beskikbaar sal wees en gereeld op datum gebring sal word. Hou asseblief u e-pos dop vir nuwe produkaankondigings.
Indien u enige navrae het, kontak gerus die Pearson Suid-Afrika Kliëntediensspan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
R500.00












