In die Korpusportaal kan navorsers kragtige soektogte doen in 'n groeiende versameling korpusse. Daar is drie vlakke van toegang tot VivA se korpusportaal:
OOP: Die korpora in hierdie groep is vrylik aan alle VivA-gebruikers vir navorsingsdoeleindes beskikbaar.
- NCHLT- Afrikaanse korpus 1.0: 'n Versameling regeringsdokumente van die onderskeie webblaaie en elektroniese publikasies van die Suid-Afrikaanse regerering.
OMVATTEND: Die korpora in hierdie groep sluit ook die korpora in die OOP-vlak in. Toegang is beperk tot bona fide-navorsers. Verkry toegang tot hierdie korpora deur die aanlyn aansoekvorm te voltooi.
- Afrikaanse Leipzig-korpus 1.0: 'n Subversameling van die Leipzig-korpus (Leipzig Corpora Collection) vir Afrikaans. © 2017 Abteilung Automatische Sprachverarbeitung, Universität Leipzig.
- NWU/Maroela Media-korpus 1.2: Versameling webartikels soos gepubliseer op die Maroela Media-webtuiste tot en met 30 Maart 2017.
- NWU/Lapa-korpus 1.1: Korpus van Afrikaanse boeke gepubliseer deur Lapa Uitgewers.
- PUK/Protea Boekhuis-korpus 2.1: Korpus van Afrikaanse boeke gepubliseer deur die uitgewer Protea Boekhuis.
- RSG-nuuskorpus 2.1: Versameling nuusbulletins van 2005-2017 soos uitgesaai op Radio Sonder Grense.
- Taalkommissie-korpus 1.1: 'n Gestratifiseerde korpus soos gebruik deur die Afrikaanse Taalkommissie bestaande uit 'n verskeidenheid genres en domeine, insluitend: wetenskaplike tydskrifte, koerante, letterkundige werke, informele en formele skryfstukke.
- Wikipedia- Afrikaanse korpus 1.0: 'n Versameling dokumente van die onderskeie webblaaie beskikbaar op die Afrikaanse weergawe van Wikipedia soos op 30 Maart 2017.
EKSKLUSIEF: Die korpora in hierdie groep is slegs beskikbaar aan bona fide-navorsers wat kan aantoon dat die korpora vir 'n spesifieke projek benodig word. Verkry toegang tot hierdie korpora deur die aanlyn aansoekvorm te voltooi.
- Watkykjy.co.za-korpus 1.2: Versameling webartikels soos gepubliseer op watkykjy.co.za. tot en met 30 Maart 2017.
Vir elk van hierdie vlakke van toegang moet jy 'n afsonderlike aansoek indien.
Die soekfunksies sluit onder andere die volgende in:
- Frekwensielyste (ook vergelykend tussen verskillende korpusse)
- Kollokasiesoektogte
- Meerveranderlike ontledings
Die korpusse en soektogte mag nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Spesiale lisensies is op aanvraag beskikbaar; stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.












