Die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)bevat die inhoud van die gedrukte EWA en die EWA Supplement in een produk.
Het jy al ooit gewonder waar die Afrikaanse woorde bankrot, derby en marathon vandaan kom, hoe die woorde kothuis en voertsek in Afrikaans ontstaan het, waar die maande van die jaar hulle name vandaan kry, of hoekom sterk drank soms lawaaiwater genoem word?
Die EWA gee antwoorde op al hierdie en nog baie soortgelyke vrae.
Dit bied:
- meer as 10 300 trefwoorde;
- op 'n gebruikersvriendelike manier inligting aan elkeen wat meer van die herkoms van Afrikaanse woorde te wete wil kom;
- interessante benoemingsmotiewe en volksetimologieë;
- inligting oor herkomstale of woordvormingsprosesse;
- 'n gebruikersvriendelike en effektiewe soekfasiliteit;
- 'n goeie aanduiding van wat sedert 1652 met die Nederlandse woordeskat in Suid-Afrika gebeur het en ook van dit wat Afrikaans sonder die toedoen van Nederlands bygekry het.
R150.00












