TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Teksredaksieportaal is geskep as hulpmiddel vir professionele taalwerkers. Dit is met ander woorde mense wat hulle brood en botter in en met Afrikaans verdien. VivA beskou teksredakteurs, vertalers, skrywers, Afrikaansonderwysers, predikante, en so aan as taalwerkers. Selfs studente wat Afrikaans as hoofvak of nagraads neem, kan baat by hierdie portaal. Die inhoud van Teksredaksieportaal beslaan op die oomblik drie werkwinkels. (sien skakels links)

    Ons filosofie by VivA is dat kennis oor Afrikaans jou nie ‘n arm en ‘n been moet kos nie. As Afrikaansspreker of -gebruiker is jy geregtig op onbeperkte toegang tot inligting oor Afrikaans. Wanneer ons egter vaardighede ontwikkel, vra ons daarvoor geld, maar bied vir gebruikers waarlik waarde vir hul geld.

    Ons het die werkwinkels in hierdie portaal aanvanklik ter plaatse aangebied, en indien ons versoeke daarvoor kry, doen ons dit steeds. Maar die digitale eeu waarin ons leef, maak dit vir ons moontlik om dieselfde inligting net so doeltreffend via digitale platforms aan te bied. Ons leuse is immers "Afrikaans digitaal". Dit verg ʼn bietjie van ʼn kopskuif om so ʼn werkwinkel in webinaarvorm te beleef, maar ons vertrou ook dat die postcovidwerklikheid die meeste van ons ʼn voorsmakie van die moontlikhede van die virtuele werklikheid gegee het.

    Die werkwinkel bestaan uit een sessie wat in die oggend plaasvind. Die sessie bestaan uit vier webinare. Elke webinaar begin stiptelik op die uur, en deelnemers moet asseblief sorg dat hulle ʼn minuut of wat voor die uur reeds aangeteken is. Elke webinaar bestaan uit ʼn vooraf opgeneemde video, en dit word van ʼn digitale platform af gespeel. Deelnemers kan dus nie, soos met ʼn YouTube-video heen en weer in die aanbieding beweeg nie. As jy laat inteken, is die deel van die webinaar wat jy misgeloop het, nie vir jou toeganklik nie. Die platform maak nie voorsiening vir aangesig-interaksie tydens die webinaar nie, maar die aanbieders kan agter die skerms sien wie ingeskakel is. 

    Voornemende deelnemers kan met ons skakel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om te reël dat ons die werkwinkels aanbied. Ons hoop en vertrou Teksredaksieportaal is vir jou leersaam en verrykend.