Daar word tans in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir onderwysers aangedui dat dan, dus, daarom, nogtans en anders verkeerdelik groep 2-voegwoorde is. In hierdie uitdeelstuk word aangedui aan watter woordsoort sulke woorde wel toegeken word en wat die verskil tussen hierdie woorde en voegwoorde (bv. maar, en en want; en sodat, dat, omdat en indien) is. Skandeer die QR-kode voor op die leerhulpmiddel, of klik op die Youtube-skakel in die regterkantste hoek, én gebruik die video oor die eendjie en gansie om hierdie onderwerp selfs aan leerders in laer grade bekend te stel.
R40.00












