Het jy ’n behoefte aan leermateriaal waar die alfabet en die klank(e) wat die verskillende alfabetletters voorstel met behulp van prettige rympies en kleurvolle prentjies verken word?
Dan is die letterklankpakket die oplossing. Die letterklankpakket bestaan uit ’n letterklankvideo, twee pare letterklankflitskaarte en ’n letterklankmuurkaart. Dit word elektronies in die vorm van aflaaibare en drukbare PDF-dokumente beskikbaargestel. Gratis speletjies, naamlik Alfabetpas en Bingo, kan boonop in Klaskamerhulpmiddels afgelaai word deur die volgende skakel te gebruik: https://viva-afrikaans.org/portale/taalonderrigportaal/klaskamerhulpmiddels












