TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Die nuwe Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is op die bekroonde 2011-uitgawe van die NPW gegrond en saamgestel om vakspesialiste en taalpraktisyns ’n beter begrip van die hedendaagse politieke bestel te help vorm. Die nuwe uitgawe bevat in twee dele – ’n Afrikaans-Engelse en Engels-Afrikaanse helfte – altesame 2 620 kernterme, saam met hulle afkortings, waar van toepassing. Van elke trefwoord word nie net die verskillende betekenisonderskeidings gedefinieer en vertaal nie; ook wisselvorme, sinonieme en verwante terme is ingesluit; so ook Latynse terme; tesame met toeligtende aantekeninge en kruisverwysings. ’n Volledige stel etikette dui die oorsprong van leenwoorde aan; die spesialiteitsveld, tyds- en plekgebondenheid van inskrywings; die gebruiklikheid van terme; asook die register waarin woorde gebruik word (formeel, informeel, skertsend, neerhalend, en dies meer). Die dissiplines waaruit die lemmaversameling kom, en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudings, Afrikapolitiek, strategiese studies, asook aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.

    Die Verklarende Politieke Woordeboek: Tweetalige Kernterme en -definisies in Politieke Wetenskap / Explanatory Dictionary of Politics: Bilingual Core Terms and Definitions in Political Science is ’n welkome en waardevolle toevoeging tot die Suid-Afrikaanse woordeboekskat. Vertalers en tolke in diens van die regering, én dié in die private sektor; dosente aan akademiese instellings, en studente; navorsers; joernaliste; toespraakskrywers; woordeboekmakers en uitgewers; en elke taalpraktisyn (ook dié wat werk in Nederlands en Vlaams) behoort dié naslaanbron onder oë te kry.

    Volgens dr. Alberts is dit die samestellers se oogmerk om hierna die woordeboek tot ’n meertalige verklarende vakwoordeboek uit te brei. Met die versameling van terme en definisies in die ander nege Afrikatale is daar reeds begin.

    Publikasie-inligting
    Titel: Verklarende Politieke Woordeboek: Tweetalige Kernterme en -definisies in Politieke Wetenskap / Explanatory Dictionary of Politics: Bilingual Core Terms and Definitions in Political Science
    Samestellers: Venter, Albert en Susan Botha, Louis du Plessis en Mariëtta Alberts.
    Publikasiedatum: November 2017
    Uitgewer: Juta
    Formaat: Sagteband
    Getal bladsye: 422
    ISBN: 9781485119944
    Prys: R495

    Bestel hier.