TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Een van hulle is dr Frikkie Lombard, eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Eintlik hoef ek nie te sê wie dit is nie – hy is lankal reeds (van vóór toe ek nog nat agter die ore was) ʼn huishoudelike naam in die Afrikaanse wêreld. Ons hoor hom onder andere gereeld op RSG, en hy dien ook reeds 26 jaar as ʼn voor- en vasvatter in die Taalkommissie.

    Nou kyk, benewens vir sy slimgeit is hy ook bekend as grapmaker, hekelaar, platjie, spotvoël, komiek en abjater. En ook as digter/rympiesmaker waaruit sy humor altyd blyk. Byvoorbeeld:

     

    Frikkie Lombard

    apokaliptiese apopleksie

    Net soos die Egiptenaars in Bybelse tyd

    moet ons Kapenaars nou die spit afbyt.

    Elders lyk dit vir ons soos 'n landsreën ---

    hier word ons van alle water gespeen;

    word selfs oggenddou gesien as 'n seën.

    Soos tant Tolie op die bordienghuis se stoep,

    moet ons nou ook die Here en die uile roep.

    En elders in 'n ANC-kantoor

    word beplan om 'n taal te vermoor;

    sit en grynslag numba one van oor tot oor.

     

    Maar vandag gaan dit oor Frikkie se woordslimgeit en naming and shaming. Hy kom blits-blits uit die hoek met ʼn skerpsinnige uitdinksel as vertaling: “noem en verdoem”!

    Waarom sê ek skerpsinnig (en nie byvoorbeeld vindingryk nie)? Leksikograwe en veral terminograwe is dodelik allergies vir woorde wat oulikies (cutesy) is. As leksikograaf, sit daar dan ook iets tong-in-die-kies in dié nuutskepping van Frikkie.

    Nuutskepping? Ons raak aan die gesels oor die telefoon, en hy sê dat hy nie eers gekyk het of iemand anders dit dalk al so gebruik het nie. Terwyl ons praat, google ek. En jou wrintiewaar, dit wémel van “noem en verdoem”! Die oudste optekening wat ek kry, is ʼn brief in Die Burger van iewers in 2011, geskryf deur ʼn ene Bacchus @ Planeet Wyn: “Ek oorweeg dit ernstig om hierdie wynprodusente … voortaan op Planeet Wyn te noem en verdoem (‘name and shame’) …”.

    Later die middag luister ek na ʼn Lexicon Valley-podsending. En sal jy glo, hulle praat oor die feit dat daar nie ʼn woord/term bestaan vir die fenomeen dat verskillende mense op verskillende plekke en op verskillende tye dieselfde kreatiewe woord/uitdrukking kan uitdink, sonder dat hulle van mekaar weet nie. In die wetenskap verwys hulle na “veelvoudige ontdekkings” of “gelyktydige uitvindings”. Maar vir dieselfde soort taalverskynsel kon niemand nog ʼn woord uitdink nie …

    Hierdie rubriek het in gewysigde vorm in Beeld van 03 Februarie 2018 verskyn.

    Beeld logo