TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Carel Fabritius, "Het puttertje" (Foto: Wikipedia)Groot letterkunde het van kraaie inspirasie gekry, soos Barnaby Rudge van Charles Dickens en The Raven van Edgar Allan Poe. Die Skandinawiese god van wysheid, Wotan, is gewoonlik uitgebeeld met ’n kraai (raaf) wat hom advies toefluister.

    Van die vroegste tyd was die raaf as ’n gelukbringer en raadgewer bekend. Dis dus nie verbasend
    dat rawe dikwels op skilde, asook op die seile van skepe uitgebeeld was nie. Die raafvlag staan trouens bekend as die oudste heraldiese embleem in noordelike Europa.

    Twee vanne, wat beide “raaf” beteken, is Rabie en Rabe. Die stamvader van die Suid-Afrikaanse Rabies, ’n Duitser by name Christiaan Rabie, het in 1720 uit Leipzig, Sakse, in die Kaap aangekom. Christiaan Rabe, ’n Deen uit Kopenhagen, het hom sowat drie jaar later ook hier gevestig.

    Ander Suid-Afrikaanse vanne afgelei van voëlname sluit onder meer in: Vogel, Ziervogel, Adelaar, Adler, Arend, Arndt, Strauss (“volstruis”), Geyer (“gier” of “aasvoël”), Gans en Pauw.

    Putter se oorsprong kan teruggevoer word na ’n gewilde kouvoëltjie, ’n soort geelvink, in die sewentiende eeu in Nederland. Hierdie voëltjie is geleer om drinkwater met ’n vingerhoedjie of ’n klein emmertjie te “put” en dit dan met ’n fyn kettinkie boontoe te trek.

    ’n Skildery van 1654 deur Carel Fabritius in die Mauritshuis in Den Haag illustreer hierdie voëltjie pragtig.