TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Wat ek wel kon kry, is in ’n Brandwag van 4 Februarie 1938, waarin dr. G. Eloff skryf van ’n “bosluisvoël of krokodilvoël ... wat leef van die bosluise op beeste”. Maar die vee-reier of bosluisvoël maak ’n nes en broei nie net eenvoudig op sand nie. (Om nie te praat van die foutiewe bewering van die “leef van die bosluise op beeste” nie!)

    Van die voëls wat nes maak op die sand, is daar die geelborsstrandkiewiet, wat ook die eiers toeskop onder die sand wanneer dit die nes verlaat. Maar nêrens kry ek enigsins ’n verwysing na hierdie voël as ’n “krokodilvoëltjie” nie.

    Daar is ’n voël in Egipte, wat blykbaar ’n verbintenis met krokodille het, naamlik die nylkiewiet (Pluvianus aegyptius), in Engels die Egyptian plover. Volgens oorlewering tree hierdie kiewiet glo as tandarts vir die krokodille op en klouter selfs binne-in hulle oopgesperde bekke rond om stukkies kos uit hul tande los te pik. Die Griekse geskiedskrywer Herodotus, wat in die vyfde eeu voor die huidige jaartelling geleef het, het reeds hierdie bewerings gemaak. Maar in omtrent al die naslaanwerke wat ek gebruik het, is dit ten sterkste betwyfel. Dog, danksy ons hedendaagse tegnologie kan ons vandag hierdie gedrag op die internet sien, soos in die insetsel hier onder. Op die internet is ook verskeie foto’s deur verskillende fotograwe hiervan te sien – google “crocodile bird”.

    Dit lyk my ek is nou genoodsaak om te aanvaar dat dit die nylkiewiet is waarna P.R.G. verwys het, toe hy van ’n “krokodilvoëltjie” geskryf het.