TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    “Oor die afgelope twee jaar het ons ondervind dat die jongmense wat Afrikaans praat en leef, uiters bedrewe is met die gebruik van die nuutste tegnologie en ruim gebruik maak van digitale media in hulle daaglikse handel en wandel,” sê Giep van Zyl, die nasionale koördineerder van Afrikaans 100. “Afrikaans se toekoms vir die volgende 100 jaar lê op die tonge en in die hande van ons jongmense, en ons glo hulle sal op innoverende wyses sorg dat die taal bly voortbestaan, bevorder en uitgebou word.” 

    Die Oorsigkomitee van Afrikaans 100 het besluit om hierdie virtuele oorhandiging te doen waar die taal simbolies aan die jongmense van Suid-Afrika, én in die buiteland, oorhandig gaan word. Die oorhandiging gebeur in die vorm van ’n kort video wat op Vrydag 20 Februarie om 10:00 op die sosialemediaplatform van VivA (Virtuele instituut vir Afrikaans) by https://viva-afrikaans.org vrygestel sal word.

    “Ons wil graag elke individu, organisasie en instansie bedank vir elke projek wat hulle onderneem het om Afrikaans se 100-jarige viering as amptelike taal mee te maak,” sê René Arendse, adjunkkoördineerder van Afrikaans 100. “Die samewerking wat ons uit die totale Afrikaanse gemeenskap gekry het, was onvergeetlik en ons het wonderlike projekte gesien en beleef.”

    Die suksesse is amper te veel om te noem. Afrikaans 100 is in ál nege provinsies, asook op vier plekke in die buiteland gevier. Derduisende mense was betrokke – van die ondersteuning van Afrikaans 100 se projekte tot skole uit al die provinsies wat aan die verskeie kompetisies deelgeneem het. Die muurskildery in die Bo-Kaap wat spesiaal vir die viering gedoen is, is in Mei 2025 deur Daily Maverick uitgewys as een van die planeet se mees inspirerende werke; Afrikaans 100 is benoem vir die jaarlikse Wes-Kaapse Kultuurtoekennings; ’n kinderboek oor die geskiedenis van Afrikaans, Kwaailappies, is gepubliseer en ’n koorwerk is deur Franco Prinsloo geskryf. ’n Databasis met inligting oor die bestaan van Afrikaans en al die variëteite is gebou en amptelike spoggeleenthede is in Kaapstad, Paarl, Genadendal en Pretoria gehou.

    Niks hiervan kon gebeur het sonder ondersteuning nie. Hiermee net weer dankie aan elke taal- en kultuurorganisasie wat hande met ons gevat het, besighede wat met borgskappe gehelp het, die media vir hulle ondersteuning, skole wat met ywer aan ons projekte en kompetisies deelgeneem het en elke liewe persoon wat op ons nuusbrief ingeteken en op ons sosiale media meegeleef het.

    VivA het ook, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ’n nasionale navorsingsprojek geloods om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels beskikbaar is en waar verdere ontwikkeling nodig is.

    As deel van hierdie projek het hulle ’n kort, anonieme aanlyn vraelys ontwikkel wat minder as vyf minute neem om te voltooi. Ons wil u graag versoek om die vraelys in te vul en dit ook te versprei, sodat ’n breë en verteenwoordigende steekproef verkry kan word. Elke 50ste respondent ontvang ’n R300-geskenkbewys van Takealot. Kry die vraelys hier:

    https://form.jotform.com/260261571521550 

     

    VivA-groete

    Afrikaans100