As maatskappy sonder winsoogmerk is VivA afhanklik van befondsing deur goedgunstige organisasies, instansies en individue om produkte soos die Woordeboekapp te ontwikkel en gratis beskikbaar te stel. Dit is met trots dat VivA erkenning gee aan die steun van die ATKV vir die ontwikkeling van hierdie uitgebreide Woordeboekapp.
Vanjaar stel ons met trots bekend dat die WAT, die Blokkiesraaiselwoordeboek en die VivA-Idiomelys nou deel vorm van die VivA-Woordeboekapp se woordeboekaanbod. Gebruikers wat die WAT, die Blokkiesraaiselwoordeboek of ’n VivA+-lidmaatskap vir 2026 aangekoop het, het toegang tot hierdie woordeboeke op die VivA-Woordeboekapp. Met hierdie toevoegings beslaan VivA se app ’n allemuntige 1 374 845 woorde.
Ons by VivA is opgewonde om te sien hoe gebruikers die uitgebreide Woordeboekapp gaan aanwend om hul unieke Afrikaans in hul alledaagse werk, studie en leefwêreld te benut. Met die toevoeging van drie nuwe woordeboeke word die app nóg meer omvattend en veelsydig en bied dit gebruikers ’n ryker, meer geïntegreerde naslaanervaring op een toeganklike platform.
Soos al VivA se produkte is die Woordeboekapp ’n lewendige projek wat uit ’n werklike behoefte gebore is en met toewyding uitgebou word. Die byvoeging van hierdie drie woordeboeke is deel van ons doelwit om die omvang, diversiteit en dinamiek van Afrikaans sigbaar te maak. Ons span werk voortdurend daaraan om die inhoud verder uit te brei en nuwe funksies te ontwikkel wat die app nóg meer gebruikersvriendelik en toeganklik sal maak.
Vier Afrikaans, in al sy rykheid en verskeidenheid, saam met ons en laai die VivA-Woordeboekapp gratis af. Met toegang tot hierdie app is betroubare Afrikaanse woordkennis altyd binne jou bereik.
Apple (App Store): https://apps.apple.com/za/app/viva-woordeboekapp/id6471499921
Android (Google Play): https://play.google.com/store/apps/details?id=com.woordeboekapp
VivA-groete












