Hierdie leerhulpmiddel is ’n A0-plakkaat waarop die definisie van elke woordsoort gegee word – ook geïllustreer met voorbeelde.
Afrikaansonderwysers, as jy graag wil verstaan waarom ons ons definisies van die onderskeie woordsoorte op ’n sekere wyse geformuleer het, gaan kyk asseblief die nuttige, gratis, aflaaibare video wat ook op hierdie bladsy beskikbaar is. Die naam van hierdie video is "Die definisies van woordsoorte".
| Definisies.pdf |
Hierdie A0-plakkaat gee ’n uiteensetting van die verskillende Afrikaanse woordsoorte (of hoofkategorieë) én die soorte (of subkategorieë) waarin elke woordsoort verdeel kan word, elkeen toegelig met voorbeeldwoorde.
| Uiteensetting.pdf |
Die volgende kreatiewe, lewenswerklike video kan in die Afrikaansklaskamer gebruik word om woordsoorte aan veral jonger leerders bekend te stel.
| Inleiding tot woordsoorte.mp4 |