Merk iemand genaamd Leser in ʼn SMS aan Beeld die afgelope naweek op: “Ek geniet Gerhard van Huyssteen se rubriek. ... Soos vele ander praat hy verkeerdelik van die Lae Lande. Hierdie gedrog is ʼn baie goeie voorbeeld van ʼn Anglisisme. Die regte term is Neder Lande [sic].”
- - - - - - - - - - -
Beste Leser
Eestens: Baie dankie vir die kompliment, en dankie dat jy my se rubriek lees. Ons niepolitieke rubrikante is maar te bly as mense ons skryfsels lees, want soms is ons bang lesers is slegs geïnteresseerd in menings oor die Zuptas, die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Cheetahs. (Die Bulle is helaas nie meer nuuswaardig nie. Treurige dae ...)