“So ’n katspoegie noord van Steinkopf op die N7, die pad vanaf Kaapstad na Windhoek, tussen die glooiings wat uitreik na die hoogtes voordat die 25-tot-30-kilometerafdraand na Vioolsdrift en die Gariep begin, staan daar ʼn bordjie – groen met wit letters: Oerknoep.”
Só skryf emeritus dominee Petrus Kotzé en vra: “Van waar dié Oerknoep, Gehasi?”
Gaan loop staan soek nou vir Oerknoep op Google Maps en jy kry die melding: “Ons kon Oerknoep nie kry nie.” Ná ʼn omvattende soektogte in al wat ʼn pleknaamwoordeboek is, kan ek ook meld: “Ek kon Oerknoep nie kry nie.”