Siamese, Sfinkse, Singapuras: Dit is maar ʼn paar van die straatkatte wat meer van saffraan weet as ek van ons politiek. Terwyl ander skreeu en krys of lieg en bedrieg, pieker ek oor moraliteit en skuld en sondes van die voorvaders wat jou tot in die derde en vierde geslag toegereken sal word.
Maar al die getob lei tot weinig aksie. Terwyl ek nog sit en besluit of ek as ʼn bevoorregte wit man al aan ʼn politieke optog mag deelneem, vaar van my vriende die afgelope paar weke die strate in – tesame met duisende ander ontstokenes.
Al probeer ek ook hoe hard om nie veroordelend te wees nie, kan ek nie help nie om wenkbroue te lig oor my vriende wat heen en weer na die optogte uber. Of oor dié wat trots hulle aantal FitBit-treë rapporteer met ʼn “jippie, ek kan ʼn gratis smoothie kry!”