Stal items per gids uit: Radioafrikaans

Saterdag, 04 November 2017 05:53

Wat is dit nou weer met RSG se 'huidiglik'?

So ʼn paar maande gelede, tydens ʼn Skypegesprek met ʼn geëmigreerde veeartsvriend van my, vra hy: “Is ‘huidiglik’ nou al ʼn Afrikaanse woord? Ek hoor deesdae op RSG dat al wat ʼn omroeper, gas en inbeller ‘huidiglik’ gebruik. Toe dog ek maar die Taalkommissie het die groen lig gegee om dit te gebruik?”

Ek sug diep en verduidelik weer: “Die Taalkommissie het niks oor taalgebruik oor die eter te sê nie: Ons hou ons slegs besig met geskrewe Standaardafrikaans. Boonop het ons geen beheer oor mense se taalgebruik nie: Ons beskryf maar eintlik net wat – huidiglik! – in die standaardvariëteit gebeur.”

Maar sy opmerking sit my aan die dink …