Stal items per gids uit: betreklike voornaamwoord

Dinsdag, 23 Januarie 2024 15:40

Blitsblog 1: Hoort “wie”, “wat” en “waarop” aan dieselfde woordsoort?

In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat ’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.

In hierdie blitsblog:

  • stel ek ondersoek in na die ooreenkomste en verskille tussen hierdie twee groepe woorde;
  • verklaar ek die term “voornaamwoordelike bywoord”; en
  • stel ek ’n naam voor wat gebruik kan word wanneer daar gesamentlik na hulle verwys wil word.