Stal items per gids uit: hoofwerkwoord

Dinsdag, 22 April 2025 16:35

Die hoofwerkwoord: die hoofmeisie en hoofseun van die sin

 

Daar bestaan die wanpersepsie op skoolvlak dat “hoofwerkwoord” ’n sinoniem vir “selfstandige werkwoord” is. In hierdie blog word hierdie wanpersepsie uit die weg geruim deur op die twee soorte hoofwerkwoorde te fokus.

Maar kom ons kyk net weer vir ’n oomblik na die metafoor wat in die titel van die blog voorkom. Waarom sê ek dat die hoofwerkwoord die hoofmeisie en -seun van die sin is?

  • Die hoofmeisie en -seun is die leerlingraadslede wat die grootste verantwoordelikheid het om dissipline onder die leerders te handhaaf. So ook het die hoofwerkwoord die belangrike verantwoordelikheid om aan te dui of ’n toestand, oftewel manier van wees ( “Hulle lyk kwaad”), of ’n handeling, oftewel ’n situasie wat gedurig verander en vorder (bv. “Die meisie lees ’n boek”), in die sin uitgedruk word.Leerlingraad.png
  • Die hoofmeisie en -seun ontvang hulp vanaf die ander leerlingraadslede; tog bly hulle in beheer. Net so is die hoofwerkwoord die werkwoord wat in beheer is, al word dit saam met ander werkwoorde gebruik om ’n bepaalde betekenis oor te dra. Dit is in beheer, omdat dit op sy eie in die sin kan staan én oorbly wanneer al die ander werkwoorde weggelaat word. Lees die volgende voorbeelde, en kyk watter werkwoord oorbly: