Deur taal kommunikeer ons met die wêreld. Deur taal definieer ons identiteit. Deur taal druk ons geskiedenis en kultuur uit. Deur taal verdedig ons menseregte. Deur taal neem ons deel aan alle aspekte van die samelewing ... Deur taal bewaar mense die geskiedenis van hul gemeenskap, gebruike, tradisies, hul geheue, unieke denkwyses, betekenis en uitdrukking. Ons gebruik taal om ons toekoms te konstrueer. Vir die beskerming van menseregte, goeie bestuur, vrede, versoening en volhoubare ontwikkeling is taal deurslaggewend.
So word die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019) op die amptelike webblad van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) ingelei.
Hoe vier ons #IYIL2019 in Suid-Afrika?
Kersopsteek by SADiLaR lyk vir my na ’n goeie begin.