Vir Nederlands as vak het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument vrygestel waarin hulle sewe kerndoelwitte – “7 grote opdrachten” – uiteensit vir toekomstige taalonderrig op skool.
In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp dié opdragte afsonderlik. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf. Want hoe lyk die ideale vir Afrikaans in die klaskamer van die toekoms?
Voeg gerus jou gedagtes by.