Stal items per gids uit: konjunktief

Saterdag, 30 Desember 2017 05:38

Voornemens vir nuwe jaar is net sê-nou-maar-sê

Sê-nou-maar is ʼn lekker sê.

Dis tog al wat ʼn nuwejaarsvoorneme is: ʼn sê-nou-maar-sê.

Sê nou maar ek kon in 2018 Japan toe gaan.

Sê nou maar ek kon in 2018 elke dag twee uur lank in die gim spandeer.

Sê nou maar ek kon in 2018 my liefde vir koeksisters en sjokoladekoek (trouens, enige gebak!) in toom hou …