Saterdag 01 Julie 2017 06:56

Ek en 'n ou, ou liedjie, van lewer, swel en vee

As Gerhard Steyn sy Baby Tjoklits uitgeblêr het, het ons altyd lekker saam gesing-skree: “Baby, ek like jou soos sinus // My hart klop tjoklits as jy naby is //  Baby // Baby tjoklits.”

Vreemd dat jy van iemand hou “soos sinus”, dag ek altyd, maar dalk is dit maar een van daai rare goed van Afrikaanse lirieke. As hy in dieselfde liedjie “Jy weet ek doen, jy weet ek doen” kan sing, dan kan ʼn mens seker maar iemand “like soos sinus” ook.

Eers veel later moes ek leer dat hy eintlik sing: “Baby, ek like jou soos jy is ...”