Stal items per gids uit: taal en denke

Maandag, 22 Oktober 2018 09:28

Opdrag 1: ’n Sterk taalbasis dra by tot die ontwikkeling van taal en denke

kurrikulumWat het kinders nodig om op te groei tot volwassenes wat tot die samelewing bydra, ekonomies selfstandig is en leef met selfvertroue? In Nederland is dit van die vrae wat gestel word in ’n grondige ondersoek na die nasionale kurrikulum vir primêre en vroeë sekondêre onderwys.

Wat werk; wat werk nie? Wat moet behou word; wat moet verander? Wat moet bykom; wat moet laat vaar word? Hoeveel ruimte moet skole gegun word om self te kan aanvul, in ooreenstemming met hul visie, leerlinge en omgewing?