Nie alle woorde dra gewoon betekenis oor nie. Van sommige woorde word hulle betekenis ook weerspieël deur hoe hulle klink. In die poësie, waar klankelemente die basis van rym en ritme is, ja, maar nie net in gedigte nie. Ook in die gewone, alledaagse spreektaal is daar tussen klank en betekenis dikwels ’n duidelike verwantskap te bespeur; soms kan ’n mens jou dit maklik verbeel. In die prosodie, stilistiek, literêre kritiek, ook in die taalkunde, word ooreenkomste tussen die betekenis van woorde en uitdrukkings aan die een kant en klankaspekte aan die ander kant, klankuitdrukking genoem, of meer spesifiek: klankekspressie.
Hiervan word veral drie tipes onderskei.