TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Die woordsoorte wat ons in hierdie blogreeks bespreek het, is almal redelik bekend. Ons het gevalle gekry waar handboeke se definisies verskil het of waar die indeling nie ooreengestem het nie nie, maar daar was meestal in skoolgrammatika eenstemmigheid oor watter woordsoorte ons in Afrikaans identifiseer.

    Die woordsoort wat blykbaar nie in skoolwerk aandag kry nie, is die partikel (nee, dis nie ʼn anglisisme nie, dis ʼn vakterm; “stukkie” gaan nie werk nie). Partikels is daardie woorde wat op hulle eie eintlik geen betekenis het nie en dus geen semantiese bydrae tot die sin lewer nie, maar wat tog noodsaaklik is om die sin te voltooi. Dis waar die naam vandaan kom – dis woorde wat eintlik deel vorm van ʼn ander, groter bousel wat klaar betekenis oorgedra het, en net nodig is om die struktuur van die bousel volledig te maak. Nog eienskappe van partikels is dat hulle almal ongelede woorde is, en dat hulle nie affikse (voor- en agtervoegsels) kan neem nie.

    Met hierdie definisie as leiding identifiseer ons die volgende partikels in Afrikaans:

    Soort

    Verklaring

    Voorbeeld

    Werkwoord-partikel

    Niewerkwoordelike deel van ʼn skeibare werkwoord

    • Hy kom laat by die huis aan.
    • Ons wens haar geluk.

    Ontkennings-partikel

    Die tweede nie in ʼn ontkenningskonstruksie

    • Hy het nie laat gekom nie.
    • Jy luister nooit vir my nie.

    Genitief-partikel

    Die woorde se ofin 'n konstruksie wat besit aandui

    • Is dit Stefan se boek of André ?

    Infinitief-partikel

    Die woord te in ʼn infinitiefkonstruksie

    • Hy hou daarvan om my te tart.

    Konjunksie-partikel

    • Die en wat in multiwoordeienaamwoorde en multiwoordtelwoorde voorkom
    • Die tweede lid van die sogenaamde korrelatiewe neweskikkende voegwoorde (sowel ... as; beide ... en; óf ... óf; nóg ... nóg)
    • Die tweede lid van korrelatiewe onderskikkende voegwoorde (hoe ... hoe; namate ... des te)
    • Kuns en Kultuur
    • vyf en twintig
    • Óf Henk óf Pieter is skuldig.
    • Hoe meer dae, hoe meer dinge.

    Skakelpartikel

    Die en in skakelwerkwoordkonstruksies

    • Hanlie loop en droom.

    Deel-geheel-partikel

    • Die woord van of menig wat ʼn deel van ʼn geheel aandui
    • Die woord al of heel wat ʼn geheel aandui
    • Twee van die studente is siek.
    • Menig ʼn student het siek geword.
    • Al die gerugte is waar.
    • Heel die wêreld wag op ʼn antwoord.

    Vergelykings-partikel

    Die woord so wat in ʼn vergelyking gebruik word

    • Hy is verdomp so dom soos grond.

    Betreklike partikel

    Die woord so of wat wat in voorkom in ʼn konstruksie so/wat ʼn ...

    • Dit is so ʼn jammerte.
    • Wat ʼn jammerte!

    Graadpartikel

    Die woord te wat graad aandui

    • Jy praat heeltemal te veel.

    As jy meer inligting oor partikels of enige ander woordsoort benodig, raadpleeg ons aanlyn grammatika, of skakel met ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Ons help graag.

    VivA-groete

    Sophia