TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Die eerste optekening wat ek van peddie kry, is in die wetenskaptydskrif Tegnikon. In 1966 het die hoof van die plantkundedepartement van die toenmalige Universiteit van die OVS, EM van Zinderen Bakker, in ’n artikel oor die fauna en flora van die subantarktiese eilande die Chionis minor (kleinskedebek of yshoender) as die “hoenderagtige Peddie” beskryf. Darenteen word die Chionis albus (grootskedebek of grootkokerbek) in sommige onlangse voëlboeke ook die alternatiewe naam grootpeddie toegeken. Blykbaar word hierdie voël ook soms in Engels ’n “Paddy” genoem. Nou weet ek nie of die Engels deur Afrikaans beïnvloed is of omgekeerd nie.

    Dis dalk ’n soortgelyke geval soos met die vis genaamd rooi roman. Oorspronklik het die Afrikaanssprekende vissers hierdie vis ’n “rooi man” genoem as gevolg van sy voorkoms. Engelssprekendes het dit gehoor en dit geïnterpreteer as “roman”, en so daarna verwys. Afrikaanssprekendes het hierdie Engelse naam oorgeneem, maar omdat die vis rooi is, dit ’n “rooi roman” genoem. Heen en weer!

    Miskien het dieselfde met peddie gebeur.

    Nellie is ’n algemene skelwoord in Engels vir ’n persoon wat dom of onnosel geag word. Omdat seevoëls, veral dié op eilande, nie vir mense gevlug het nie, is hulle as dom beskou. Daarom name soos Booby en Dodo.

    Wulp is afgelei van ’n ou woord (in Ou Engels hwelan) wat “skreeu”, “brul” of “weerklink” beteken – dus ’n klanknabootsende naam. Ter plaatse lees ons reeds in Jan van Riebeeck se Dagverhaal van wulpe(n).