TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Die Latynse woord motacilla, wat ‘wipstert’ beteken, is reeds deur Varro (116–27 VHJ) en Plinius (23–79 HJ) gebruik. Volgens een van my bronne is dit ’n direkte vertaling uit Grieks seisopugis, ‘wipstertjie’, van seiein, wat beteken ‘om te skud’, en pugê, ‘die agterste’. Die eerste deel van motacilla hou verband met motio, ‘om te beweeg’ (soos vandag nog in die Engelse woord motion); die tweede deel, -cilla, word algemeen in ornitologie (foutiewelik) gebruik om die stert aan te dui. Daar is in die Middeleeue verkeerdelik aanvaar dat cilla ‘stertjie’ beteken, maar desondanks het dit inslag gevind, onder andere by Linnaeus.

    Kwikkies volg graag vee (groot- en kleinvee), waar hulle natuurlik opgejaagde insekte, asook insekte deur die mis gelok, kan vang. Hierdie gewoonte gee aan hulle name soos cow bird (Brittanje), vachette (‘koeitjie’; Frankryk), Kuhstelze  (‘koeikwikkie’) en Schafstelze (‘skaapkwikkie’; Duitsland), en akwano (‘om bokke op te pas’; Kenia). Die Noord-Sotho-naam vir die kwikkie, moletašaka, beteken ‘oppasser of bewaker van die kraal’.

    In Afrika kom kwikkies ook dikwels voor waar wasgoed langs spruite en waterstrome gewas word, waarskynlik omdat dit ideale habitat vir hulle is, en sommige alternatiewe name verwys hierna. Dieselfde geld egter ook in Europa. Dus kry ’n mens Molly washdish (Brittanje), lavandiére (‘wasvrou’; Frankryk), en lavandera (‘wasvrou’; Spanje). In laasgenoemde geval is dit die amptelike Spaanse naam en nie slegs ’n alternatiewe streeknaam nie.

    Vroeër jare was daar ’n poskantoor in die Rustenburg-distrik met die naam Kwikstert.