taalstrukture en konvensies

  • In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.

    In hierdie blitsblog:

    • stel ek ondersoek in na die ooreenkomste en verskille tussen hierdie twee groepe woorde;
    • verklaar ek die term “voornaamwoordelike bywoord”; en
    • stel ek ’n naam voor wat gebruik kan word wanneer daar gesamentlik na hulle verwys wil word.
    • 1. Inleiding: die wanpersepsie rakende die aard van die bywoordelike bepaling

      Die arme bywoordelike bepaling ondergaan op hierdie stadium ʼn identiteitskrisis deurdat dit dikwels as ʼn vormlike sinsdeel hanteer word, hoewel dit eerder, net soos die subjek (of onderwerp), objek (of voorwerp) en gesegde, dui op die funksie van ʼn sekere sinsdeel.

      Dat daar in skoolhandboeke na die bywoordelike bepaling deur ʼn vormlike lens gekyk word, blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit ʼn graad 12-leerderboek:

      Lens

    • Skakel: Luister

      In hierdie podsending, spesifiek gerig op dosente van Onderwysafrikaans, onderwysstudente en Afrikaansonderwysers (insluitend nasorgonderwysers en tuisonderwysers), gesels Nadine Fouché-Karsten, VivA se onderwystaalkundige, met die eindredakteur van VivA se Afrikaansgrammatikas, prof. Adri Breed, oor die manier waarop VivA die soorte (of subkategorieë) woordsoorte definieer. Sy verduidelik ook hoe die onderrig hiervan op skoolvlak benader kan word.

    • Moedertaalsprekers kort nie eselsbruggies nie. Hulle beskik reeds oor ’n interne grammatika of ’n versameling patrone wat verfyn word namate hulle met ander moedertaalsprekers in kontak kom. Dink mooi daaroor: Niemand het vir jou gesê dat Afrikaans ’n V2-taal is nie. Met ander woorde, niemand het vir jou pertinent gesê dat ’n werkwoord in die meeste Afrikaanse sinne altyd ná die subjek (of onderwerp) kom nie (bv. Ek gee klas; Ek merk boeke, ens.), tog weet ’n mens dit en formuleer jy jou sinne so.

      Niemoedertaalsprekers kort egter meer leiding. ’n Integrale deel van die aanleer van ’n addisionele (of tweede addisionele) taal is die gebruik van ’n monitor of ’n redigeerder. Dit is die siening van ’n kenner van tweedetaalverwerwing, Stephen Krashen. Dit is juis wat STOMPI is – dit is nie ’n taalreël nie. Dit is ’n monitor, reseppie of eselsbrug wat deur addisioneletaalleerders gebruik word om die vorming van sinne te monitor, sodat dit samehangend is.