Taalkunde (oftewel linguistiek) as vakgebied het baie interessante vertakkings. Hier is 'n paar voorbeelde met eenvoudige verklarings:
- Psigolinguistiek: hoe taal in mense se koppe (psige/verstand) verwerk word (byvoorbeeld aangeleer word)
- Neurolinguistiek: hoe taal in die brein verwerk word (d.i. die fisiologiese prosesse)
- Sosiolinguistiek: hoe taal in verskillende gemeenskappe ("societies") gebruik word
- Rekenaarlinguistiek: hoe rekenaars taal verwerk (in Engels "computational linguistics")
- Korpuslinguistiek: 'n metodologie wat gebruik word om patrone in groot versamelings taal (in korpusse) te soek
- Forensiese linguistiek: 'n metodologie wat gebruik word om die skrywer van 'n teks te identifiseer
- Historiese taalkunde: hoe 'n taal ontwikkel. 'n Spesifieke onderdeel is die etimologie, wat die ontwikkeling van woorde en hulle betekenis bestudeer.
- Vergelykende taalkunde: 'n metodologie om ooreenkomste en verskille tussen tale te bestudeer.
Prof Gerhard van Huyssteen