ʼn Moedertaal is ʼn hartstaal. Dis die taal waarin ons tuisvoel en onsself volkome kan uitleef. Dit is die taal waarin ons dink, kuier, lag en die lekkerste skel. Tog ontwyk die regte woord – en veral sy spelling – ons soms, al klop ons harte Afrikaans. Daarom vier VivA vanjaar op ons tiende verjaarsdag ons moedertaal met die bekendstelling van ons nuwe Woordeboekapp waarin Afrikaans se woordeskat gratis nageslaan kan word sodat jy altyd toegang tot die regte Afrikaanse woord en die regte Afrikaanse spelling in enige konteks kan hê.
Hoe verseker jy die voortbestaan van ’n taal in ’n digitale era? Jy sorg dat hy ’n stewige vastrapplek op die internet kry en dan sorg jy dat hy daar floreer.
’n Dekade gelede is hierdie droom vir Afrikaans verwesenlik met die stigting van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
“Tien jaar terug het ons nie ’n padkaart gehad nie, maar wat ons wel gehad het, was ’n hardnekkige oortuiging dat ons taal ’n toekoms verdien. En baie waagmoed,” sê Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA.
Die aanvanklike droom was eenvoudig, sê prof. Gerhard van Huyssteen, wie se breinkind VivA is.

Tien jaar gelede het VivA begin as ’n klein idee met ’n groot droom: om vir Afrikaans ’n tuiste in die digitale wêreld te skep — een wat dinamies, inklusief, toekomsgerig is, en trots gewortel is in ons kulturele erfenis. Destyds het ons geen padkaart of sjabloon gehad nie. Wat ons wel gehad het, was ’n passievolle span en ’n hardnekkige oortuiging dat ons taal ’n lewendige toekoms verdien – én natuurlik baie moed.