profile pic

Sintaksis: Die narsistiese onderwerp (oftewel selfsugtige subjek)

Dinsdag, 13 Oktober 2020 Geplaas deur Cecilia Erasmus

Narsiste is mense wat dink hulle is belangriker as ander. Hulle gedy wanneer die aandag op hulle gefokus word. In Engels sê ons hierdie mense het "delusions of grandeur", wat beteken hulle wil die hele tyd in die kollig wees. Hulle is die rede vir die partytjie, en almal se aandag moet op hulle gefokus wees.

Die onderwerp (of subjek) van 'n sin is 'n narsis. In sinsontleding (sintaksis) is hierdie narsistiese laventelhaan regmatig die fokuspunt van die sin.

profile pic

Sintaksis: vorm vs funksie

Dinsdag, 22 September 2020 Geplaas deur Cecilia Erasmus

Vrydagoggende het ek ʼn bottel drinkwater klas toe moes neem vir die gehoesery. As jy mooi sou oplet, het jy my waarskynlik fronsend onder ʼn dik bordkryt-wolkbank sien staan terwyl ek as enigste sintaksis-honneursstudent stukbeelde (ook bekend as boomdiagramme) vir my prof op sy swartbord moes trek. ʼn Regterbrein-loskop het met groot moeite die linkerbrein-stukbeeldewa deur die sintaksisdrif getrek. Ek het ʼn groot sug van verligting geslaak toe ek in my eerste jaar as onderwyseres uitgevind het ek hoef nie die bloedjies voor my in die klas met knooppunte en diagramme te belas nie. Ek hoef aan niemand te verduidelik dat NP en VP nie politieke partye is nie, dit verwys na die naamwoordstuk en die werkwoordstuk.

En tog is sintaksisonderrig een van die mees gevreesde en gehate afdelings in die taalkunde. Dit is te verstane, maar eintlik gans onnodig. In hierdie reeks blogs bespreek ek hierdie afdeling volledig, sodat ons hierdie wa nou waarlik op die oorkantste oewer kan kry.

profile pic

Woordsoorte: Hoekom?

Woensdag, 02 September 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Dit is altyd in 'n leerproses nodig om te weet hoekom 'n mens 'n ding moet weet. Nie net gee dit 'n mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir 'n mens sinvol. En nuttig. Ek kry die indruk dat die hoekom veral in grammatika-onderrig 'n bietjie in die slag gebly het, en dat die hantering van die sogenaamde "taalstrukture en -konvensies", soos die KABV dit noem, nie altyd netjies verantwoord word nie.

Dit is veral in grammatika-onderrig kernbelangrik dat 'n leerder (en 'n onderwyser, natuurlik) moet weet hoekom 'n  ding onderrig word. "Want dit staan in die leerplan" is, van al die redes wat 'n mens daarvoor kan opdis, sekerlik die vrotste. Dit val in dieselfde klas as jou ma wat gesê het jy mag nie 'n ding doen of hê nie "omdat ek so sê". Jy onthou later nie eers meer wat jy nie mag gedoen of gehad het nie, jy weet net jy het in daardie oomblik gedink jou ma is onredelik.

profile pic

Los en vas: Afrikaanse spellers se grootste kopseer

Donderdag, 16 Julie 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek weet, dit is ʼn nagmerrie. Ongelukkig het ek nie kitsoplossings nie, en ongelukkig is die spelreëls oor los en vas skryf (hoofstuk 15 in die Afrikaanse woordelys en spelreëls) ook nie altyd eenvoudig nie. As daar ʼn maklike manier was om die saak te beredder, het iemand dit al so beskryf.

Maar daar is tog ʼn paar beginsels wat ʼn mens kan onthou, wat ʼn mens in die gewone handel en wandel kan help. Los en vas skrywery is nou ook nie onbegryplik moeilik nie. Die lysie wat ek hier onder plaas, is iets wat in my kop bestaan. Dis nie spelreëls nie – dié word in die AWS vervat, en vir volledige verwysing moet ʼn mens dié bron raadpleeg. Maar ek sit wel my gedagtes hier neer, want dalk help dit.

profile pic

'n Visie vir onderwys in die digitale era

Donderdag, 18 Junie 2020 Geplaas deur Sophia Kapp

Daan Potgieter, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, het tydens die bekendstelling van VivA se Taalportaal en Taalonderrigportaal gesels oor die uitdagings en moontlikhede wat die vierde nywerheidsrewolusie vir die onderwys bied.