Deur Jana Luther
Dis werklik indrukwekkend. Dit wat ’n mens van jou moedertaal weet. Hoe jy dinge wat jy waarneem, jou gewaarwordinge daaromtrent, tot in die fynste besonderhede in jou taal kan verwoord. Dit is die onderwerp van ’n nuwe boek deur die Nederlandse joernalis-taalkundige Liesbeth Koenen: Wat je zegt, gaat vanzelf. “So gaan dit met taal: Jy weet nie wat jy weet nie, en dat jy dit nie weet nie, weet jy óók nie.”
VivA het op Vrydag 15 November 2019 ʼn seminaar gehou met die titel "Vloek met flair (en voorbehoud)". Die tema het natuurlik ʼn paar wenkbroue laat lig, maar deelnemers is sommer vroeg-vroeg deur VivA se uitvoerende bestuurder, Marlie Coetzee, daarop gewys dat die geleentheid geskep is om ʼn bestekopname van die taalverskynsel te maak, nie om ʼn vloekfees van stapel te stuur nie. Die gesprek oor die saak het dus nie die oogmerk gehad om ʼn gevloek goed te praat of om kru taal en taboe-onderwerpe te normaliseer nie, maar juis om vas te stel waar die grense lê in ʼn samelewing wat dikwels wil maak asof daar geen grense meer is nie.
Deur Jana Luther
In reaksie op ’n Beeldrubriek oor insekname uit die WAT laat Jeanette Ferreira-Van Jaarsveld van haar hoor. Ons moet ’n slag kyk, sê sy, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”.
Ek doen dit graag. Maar, sjoe, waar begin ’n mens? Van al die plantfamilies is die grasfamilie een van die grootstes, en vir die mens die nuttigste. In die wêreld is daar meer as 10 000 spesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras.
Dis jaarbladtyd, en ek verneem daar is vriendskappe wat in die proefleesproses sneuwel. Dit is gans onnodig; die jaar is nog uitmergelend lank, en die AWS is ook hiermee behulpsaam.
Hier is ʼn klompie antwoorde op vrae wat ek die afgelope twee weke gereeld gekry het, wat dalk die taak kan vergemaklik:
Voornaamwoorde moet ons baie selde vir kinders wat moedertaalsprekers van ʼn taal is, aanleer. Dis asof hulle dit saam met moedersmelk en maselkieme inkry en dit sommer net vanself reg rangskik in hulle taal. Afrikaanssprekers is boonop buitengewoon geseënd, want ons hoef nie by ongemerkte selfstandige naamwoorde met geslag te spook soos die Duitsers en die Franse nie, en ons hoef ook nie naamvalle ook nog te verreken nie.